Om artikels vir tydskrifte en webtydskrifte te skryf is maklik een van die winsgewendste areas vir skrywers in Suid-Afrika, of dit nou ‘n voltydse loopbaan is of as aanvulling tot jou “nege tot vyf” gedoen word.
Een vollengte artikel in ‘n gerespekteerde en gevestigde tydskrif kan tussen R2500 en R3500 lewer, afhangende van die woordtelling en fooi per woord.
Navorsing en die skryf van artikels vir jou gunsteling glans- en webtydskrifte is nie net opwindend, interessant en uitdagend nie, dit is ook iets wat jy maklik van die huis af kan doen. Boonop bied dit vir dié wat in spesifieke industrieë spesialiseer ook ‘n wonderlike manier om mense in te lig en/of meer van hul produk(te) en dienste te vertel.
Hierdie kursus bied als wat jy benodig om jouself as ‘n professionele skrywer in die plaaslike tydskrifbedryf te vestig! Jy sal gedurende die 20 skryfopdragte streng opleiding onder leiding van ‘n professionele joernalis ontvang, en met voltooiing van die kursus met twee persklaar, verkoopbare artikels wegstap.
Die Tydskrifjoernalistieke Kursus neem jou stap-vir-stap deur die prosesse waardeur elke joernalis moet gaan om tydskrifartikels te kan skryf en verkoop.
Kursusbesonderhede:
- Modules: 11 lesse
- Duur: Kursus kan volgens eie pas voltooi word: tussen 15 weke en 6 maande
- Registrasie: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za
Studente moet die volgende voltooi:
- 9 skryfoefeninge (vir beoordeling en terugvoer)
- 1 navraagbrief
- 2 vollengte persklaar artikels
Toelatingsvereistes:
- Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik
- Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang word benodig
- Geen vorige tersiêre kwalifikasie is nodig nie
Kursusopleier :
Kursusleerplan
Module 1 – Die Genre Van Tydskrifjoernalistiek
|
Module 2 – Leer skryf |
|
Module 3 – Artikel Onderwerpe Wat Verkóóp |
|
Module 4 – Onthulling Van Die Industrie |
|
Module 5 – Kry Jou Feite Reg |
|
Module 6- Die Onweerstaanbare Aanvangsparagraaf |
|
Module 7- Lyftaal Deel I |
|
Module 8 – Lyftaal Deel II |
|
Module 9 – Eindig In Styl |
|
Module 10 – Hoe om jou artikel te redigeer |
|
Module 11 – Skryf vir webtydskrifte |
NB: Let asb. op dat die kursusnotas vir Module 11 slegs in Engels beskikbaar is.
|
Hoe Werk die Kursus? Breedvoerige aantekeninge oor die inhoud van elke module word per e-pos aan studente gestuur, of studente kan die modules direk van die Studentesentrum se aanlynafdeling aflaai.Aan die einde van elke module word daar van studente vereis om een of twee skryfoefeninge te doen. Die kursus behels nege skryfoefeninge wat almal deel uitmaak van die studente se finale punte-uitslag. Studente moet ook een navraagbrief (300 – 600 woorde), een vollengte glansartikel (800 – 2200 woorde) en een 600-woord artikel vir ‘n webtydskrif inhandig.Wanneer die skryfoefening voltooi en aan die opleier gestuur is vir beoordeling en terugvoering, sal die module as afgehandel beskou word.Studente kan ook aanlyn aan gesprekke deelneem deur kommentaar rakende die materiaal wat in die kursus behandel word te verstrek asook met ander studente in die Gespreksforum te kommunikeer.
Registrasie vir die Tydskrifjoernalistieke kursus: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.zaTerugvoer van oud-studente
Registrasie vir die Tydskrifjoernalistieke kursus: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.zaSA Writers’ College lewer sedert 2005 ‘n wye verskeidenheid aanlynskryfkursusse vir Afrikaanse skrywers onder leiding van bekroonde Suid-Afrikaanse skrywers. Wat is die beste skryfkursus vir jou? Kontak ons hier. SA Writers’ College bied skrykursusse aan in Gauteng (Germiston, Johannesburg, Pretoria en Vereeniging); Noord-Kaap (Kimberley, Upington en Fraserburg); Wes-Kaap (George, Kaapstad, Knysna en Mosselbaai); Oos-Kaap (Alice, Aliwal-Noord, Bhisho, Graaff-Reinet, Grahamstad, King William’s Town, Mthatha, Oos-Londen, Port Elizabeth); KwaZulu-Natal (Durban, Pietermaritzburg, Richardsbaai en Ulundi); Limpopo (Phalaborwa en Polokwane); Noordwes (Klerksdorp, Mafikeng, Mmabatho, Potchefstroom en Rustenburg); Mpumalanga (Nelspruit en Witbank); Vrystaat (Bloemfontein, Kroonstad, Sasolburg en Welkom) |